Die Bybel praat heelwat oor geld. Selfs Jesus het daaroor gepraat omdat dit so relevant is in ons lewens. Geld is in werklikheid een van die dinge wat ons as ’n maatstaf kan gebruik om te sien waar ons lojaliteite en prioriteite lê. Daar waar jy jou geld spandeer – dis wat die belangrikste is vir jou.